2016-02-26_09-53-43

Rustenburg is geskies as 1 van die 3 semi-finaliste in die Gauteng/Noord-Wes provinsie vir dorp van die jaar kompetisie wat jaarliks deur Kwela ‘n tv program op KykNET aangebied word.

Sms Rustenburg na 33157 om te stem.

Sluitings datum vir stemme is 1 Maart 12:00

Hoe werk dit?

Die publiek kry ’n geleentheid om vir hul gunsteling-dorp te stem in elke provinsie. Die dorp met die meeste stemme dring deur na die finale ronde.

Kwêla sal ’n insetsel op elk van die nege dorpies kom verfilm.

Wanneer al nege dorpe op Kwêla gewys is, sal die publiek van 11-17 Mei 2016, vir die wendorp kan stem.

Die dorp met die meeste stemme word as Kwêla se Dorp van die Jaar aangewys. Die dorp wen ’n ongelooflike R1 miljoen se bemarkingswaarde van kykNET. Homebrew Films, die vervaardigers van Kwêla, sal ’n 30 sekonde advertensie oor die dorp maak, wat gedurende kykNET se advertensietyd uitgesaai sal word.

Daar sal ook ’n groot makietie in die wendorp gehou word – musiek, kos, pret en sommer baie van daai wendorp-gees!

Staan saam en stem Rustenburg vir dorp van die jaar.

%d bloggers like this: