Aarbei Musiek Fees

Add to Calendar

Map Unavailable

Date/Time
Date(s) - 01/09/2023 - 02/09/2023
9:00 am - 11:30 pm

Categories


AARBEI MUSIEK FEES

WANNEER – 1 & 2 September 2023
WAAR – Hartland Equestrian Park ( Op R511, langs N4 )
E-pos: admin@aarbeifees.co.za
Gaan besoek ons Webblad
Facebook 

Die ontstaan van die fees

Die Aarbei-Musiekfees het in 2009 ontstaan uit ‘n idee van wyle Pierre van Deventer en Echo Berry/In2food.
Hulle het besluit om tonne aarbeie te skenk wat verkoop sal word sodat die opbrengs aangewend kan
word vir liefdadigheid in die Brits/Hartebeespoort area, geleë in die Magaliesberg Biosfeer.
So het die Aarbei-Musiekfees ontstaan. Dit word gekombineer met ʼn kulinêre fees van heerlike
voedsel en snuisterye, verskeidenheid stalletjies en ook musiek met van die beste kunstenaars.
Die fees het ʼn Afrikaanse kultuur maar erken sy groter Suid-Afrikaanse oorsprong.
Die hoofdoel bly steeds soos altyd vir die ondersteuning van liefdadigheid en om so
terug te ploeg in die gemeenskap van Brits en omgewing.
Dit word gedoen deur donasies aan verskeie verdienstelike organisasies te maak.
Die lys van organisasies wat ondersteun word, is op die tuisblad gewys.

KUNSTENAARS:

  • Riaan Benade / Appel / Spoegwolf
  • Dirk van der Westhuizen / Juan Boucher
  • Fatman / Jay / Rikus Nel / Jan Raap
  • Adam Tas / Robbie Wessels

Vorige jare se feite

Verlede jaar is meer as 20 000 kg aarbeie verkoop!
1386  500g houers konfyt is verkoop!
1505 liter smoothies is oor die naweek gemaak!

Add to Calendar

Leave a Reply

Scroll to Top
%d bloggers like this: